Huisbraak verdagte in hegtenis

"Verskeie gesteelde items was gekonfiskeer."

0

Op 14 Augustus 2021 het die Kimberley blitspatrollie reageer op inligting wat van Misdaadintelligensie ontvang is oor huisbraak en diefstal waar daar by verskeie huise in die Rhodesdene-gebied in Kimberley ingebreek is.

Luitenant-Kolonel Dimakatso Sello, ‘n polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, het bevestig dat by aankoms op die toneel het lede ‘n verdagte in besit van vermoedelik gesteelde eiendom gevind wat deur gemeenskapslede aangekeer was.

Verskeie gesteelde items was gekonfiskeer.

Die 23-jarige verdagte sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Kimberley verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal.

Leave A Reply

Your email address will not be published.