Impak van Kovid-19 in Noord-Kaapse skole

0

’n Skerp toename in Kovid-19 gevalle is die afgelope week by Noord-Kaapse skole aangteken.

Die vorige week het 163 Opvoeders, leerders en ondersteuningspersoneel by skole positief getoets.

Die sporadiese sluiting en heropening van skole het ’n negatiewe impak op waardevolle leer- en onderrigtyd as gevolg van hierdie statistieke wat groot kommer wek.

Vanaf 1 Mei is 49 skole in die Noord-Kaap provinsie gesluit vir ontsmetting waarvan 14 skole steeds gesluit is.

Meeste van die skole sal vandag, 24 Mei heropen na die ontsmettings-en isolasietydperk van geafferkeerde personeel.

Die Noord-Kaapse departement van onderwys doen ’n beroep op skoolgemeenskappe om die Kovid-19 protokolle na te kom.

“Die virus versprei deur menslike interaksie en vereis dus van ons almal om ten alle tye verantwoordelik op te tree”, het die Noord-Kaapse woordvoerder Geoffrey van der Merwe gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.