Inentings word ontplooi na opvoeders

0

Die Noord-Kaapse onderwysdepartement het altesaam 9 067-inentings tot nog toe in die provinsie aangeteken, wat altesaam 62,9% van die totale geteikende bevolking verteenwoordig.

’n Woordvoerder van die department, Geoffrey Van der Merwe sê dat die Departement ‘n hoër opkoms van opvoeders en ondersteuningspersoneel by inentingspersele regoor die provinsie verwag het.

Daar word verstaan dat dit ‘n vrywillige program is, en ons wil beklemtoon dat dit veilig is vir almal wat reeds ingeënt is, met geen verslae van enige nadelige gevolge van die entstof nie.

Hierdie program is daarop gemik om die lewens van opvoeders en ondersteuningspersoneel by skole te beveilig en hul kanse om noodlottig deur KOVID-19 geraak te word, te beperk.

“Terwyl ons land hom steeds te midde van die pandemie bevind, bied hierdie inisiatief ‘n waardevolle geleentheid vir die hele onderwyssektor om leer en onderrig in die nabye toekoms te normaliseer,” sê Van der Merwe.

Die KOVID-19-pandemie het die skoolkalenderjaar ontwrig en ons leerders van hul reg op onderwys ontneem.

Afgesien van die huidige KOVID-19-protokolle en veiligheidspraktyke, is ons sterkste wapen teen hierdie onsigbare vyand tans om ingeënt te word.

Die Departement herinner alle opvoeders en ondersteuningspersoneel by skole dat hulle vandag nog op hul naaste inentingsperseel kan inent.

Dit is die enigste manier waarop gemeenskappe veiliger huise, veiliger skole en veiliger gemeenskappe sal kan verseker.

Leave A Reply

Your email address will not be published.