Inentingsprogram in die sosiale sektor uitgerol

"Op Maandag was dit deur die LUR vir Sosiale ontwikkeling in die Noord-Kaap, bekend gestel."

0

Sammy Cloete, Distriksbestuurder van die Departement van Sosiale Ontwikkeling in die Namakwa-distrik het te kenne gegee van die uitrolprogram teen Kovid-19-inentings in die distrik.

Die sosiale sektor sluit ‘n paar departemente in binne die sektor, onder andere Sosiale Ontwikkeling, SASSA en NDA wat  suster departemente is in die sosiale sektor.

Die program het op Maandag 20 Julie begin en loop vir die volgende drie dae in die distrik.

Cloete noem dat die inentingsprogram nie goed deur die algehele publiek ontvang word nie sy departement hoop om meer mense tot ander insigte te bring betreffende inentings teen die gevreese pandemie wat die afgelope maande bygedra het tot baie sterftes wêreldwyd.

 Dit is ‘n nasionale program wat amptelik deur die Nasionale Minister, Lindiwe Zulu op Sondag, bekend gemaak.

Op Maandag was dit deur die LUR vir Sosiale ontwikkeling in die Noord-Kaap, bekend gestel.

Die LUR het ook verskeie inentingsfasiliteite in Kimberley besoek.

Die inentings vind plaas by die skougronde in Springbok.

Verskeie amptenare was opgewonde dat hulle die inenting teen Kovid-19 kan neem.

“As departement werk hulle met die weerlose mense in die gemeenskap òf deur voedsel sekuriteit, deur tuisbesoeke by huise en persone wat by die kantoor kom besoek vir hulp. Ons wil ook verseker dat beamptes beskerm word maar so ook die algehele publiek wat hulle daagliks bedien”, het Cloete gesê.

Die groepe in die departement is opgebreek in maatskaplike dienste praktisyns, maatskaplike werkers, wat insluit die maatskaplike hulpwerkers, die kinder en jeugsorgwerkers en student maatskaplike werkers wat prakties doen by die kantore (114) .

Ander groepe is personeel van die onvangstoonbank (46), gemeenskapsontwikkelingspraktisyns (13), screeners (12), skoonmaakpersoneel (23), sekuriteitsbeamptes en personeel betrokke by vroeë kindontwikkeling (132).

Cloete het die gemeenskap aangemoedig om die inenting teen Kovid-19 te neem en dit is een van die maatreëls wat help dat jy nie so ernstig siek raak van Kovid nie.

Dit is ‘n feit dat jy die virus kan opdoen al het jy reeds die inspuiting ontvang.

KOVID-19 protokols moet steeds na inentings nagekom word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.