Inentingsprogram vir onderwyserskorps verloop glad

"Die departement is hoopvol dat meer opvoeders en personeel die inentingsroete sal kies."

0

Die Noord-Kaaps Departement van Onderwys (NKOD) vorder bestendig met die inenting van opvoeders en ondersteuningspersoneel by skole in die provinsie.

Die departement het vanaf 23 Junie 2021 tot dusver 3 129 inentings op al hul inentingspersele aangeteken.

Alhoewel die aanvanklike fase van die inentings bestem is vir diegene wat ouer as 48 jaar is, het die departement die ouderdomsbeperkings laat vaar ten einde die inentings te verhoog.

Die vroëe sluiting van skole  na die president se onlangse afkondiging dat die land na vlak-4 beweeg sal die inentingsprogram aan die begin van die derde kwartaal ‘n voorsprong kry.

Die KOVID-19  inenting is vrywillig, maar die departement wil alle  opvoeders aanmoedig om die entstof te neem, want dit is tans die beste kans om die verspreiding van KOVID-19 te beperk.

Hierdie program is daarop gemik om die lewens van  opvoeders en ondersteuningspersoneel by skole te beskerm.

Hierdie pandemie het ‘n groot impak op die leer- en onderrigomgewing in skole.

NKOD se herstelplan vereis verder  dat opvoeders en ondersteuningspersoneel daagliks by skole moet wees.

Tans is daar nog tien skole wat in die provinsie gesluit is weens KOVID-19-infeksies.

Die afgelope week was daar 175 nuwe positiewe gevalle aangeteken, waarvan 32 opvoeders en ondersteuningspersoneel sowel as 135 leerders.

Die departement doen ‘n beroep op alle skoolgemeenskappe om saam met die departement te werk om die verspreiding van die virus in skole te beperk deur te verseker dat hule inent.

NKOD bevestig dat die inentingsproses  deeglik is .

Inenters van die departement van gesondheid tree empaties op en is gereed om alle gesondheidsprobleme rakende die J & J-inenting te beantwoord.

Beide NKOD en Gesondheid is vol vertroue dat die inentingsprogram sal bydra tot ‘n n meer stabiele onderrig- en leeromgewing gedurende hierdie moeilike tye.

Die departement is hoopvol dat meer opvoeders en personeel die inentingsroete sal kies.

Leave A Reply

Your email address will not be published.