Inentingsprogram vir opvoeders en ondersteuningspersoneel tot ‘n einde geloop

"Die departement beklemtoon dat die inenting veilig is vir diegene wat dit gekies het, sonder dat daar enige  nadelige uitwerkings van die  entstof is."

0

Die uitrolprogram vir inenting vir opvoeders en ondersteuningspersoneel by skole in die basiese onderwyssektor het op 14 Julie 2021 geëindig.

By die Noord-Kaap Onderwsdepartement (NKOD)  is altesaam 11 012 opvoeders en ondersteuningspersoneel ingeënt, wat 76,4% verteenwoordig van die geteikende  14 425 – onderwyskorps in die provinsie.

Die data van NKOD dui dus aan dat die department steeds 3 388 opvoeders en ondersteuningspersoneel by skole het wat nog nie die inentingsroete gekies het nie.

Die departement is tans besig met die Departement van Gesondheid vir ‘n moontlike ‘mop-up’ program wat diegene wat nog nie ingeënt het nie, die geleentheid te bied om dit te doen.

Die departement beklemtoon dat die inenting veilig is vir diegene wat dit gekies het, sonder dat daar enige  nadelige uitwerkings van die  entstof is.

Die Onderwys departement wil die Departement van Gesondheid en alle gesondheidswerkers bedank vir hul meedoenlose pogings om opvoeders en ondersteuningspersoneel in die provinsie in te ent.

”Ons doen ‘n beroep op ons mense om ons gesondheidswerkers te waardeer en te doen wat ons kan om hul las te verlig om die verspreiding van KOVID-19 in ons gemeenskappe te beperk”, het Geoffrey van der Merwe, die woordvoerder vir NKOD gesê

NKOD doen ook ‘n beroep op alle skole  om waaksaam te wees en die KOVID-19-protokolle na te kom deur  maskers te alle tye te dra, hande gereeld te was of te ontsmet en sosiale afstand te handhaaf

Leave A Reply

Your email address will not be published.