Jong dame van Nababeep neem deel aan Miss Wheelchair South Africa

"Sy het die ondersteuning van die lesers nodig deur vir haar te stem en kommentaar lewer op haar foto op die Facebook blad van Miss Wheelchair South Africa,” vra sy met ‘n warm glimlag op haar gesig."

0

Wie sou kon dink dat die pragtige dame in die rolstoel het in haar kinderjare gestap?

Sy vertel dat as jong dogtertjie het sy swaar geloop en het dus gou moeg en lam geword.

Haar spiere het oor ‘n tydperk begin swak raak, wat daartoe gelei het dat sy ‘n rolstoel benodig het.

Dis met ‘n vriendelike glimag wat die 25jarige Tamelyn Bock haar verhaal vertel.

Sy is woonagtig op Nababeep en het haar laerskoolloopbaan voltooi by St. Cyprians Primêre skool en Graad 9 by Hoërskool Nababeep.

Hierna is sy aanvaar by Athlone School for the Blind in die Wes-Kaap vir leerders met spesiale behoeftes.

Daar het sy matrikuleer waar sy by Varsity College in Rondebosch, Kaapstad, Korporatiewe Bestuur voltooi het.

Sy was op ‘n jong ouderdom gediagnoseer met spinale spierdistrofie.

Haar proteïenselle breek basies af wat daartoe lei dat sy nie werklik spiere het wat haar kan help om haar funksies te verrig nie soos ‘n normale mens nie.

Ongeag haar genetiese siekte het sy ‘n sprankelende geaardheid en is ‘n mens-mens.

“Ek is bekend onder almal omdat ek baie gemaklik met almal kan praat en ook met almal  vriendelik is. Een van my sterkpunte is dat ek daarvan hou om mense te motiveer en hou ek my besig met vrywillige werk,” het Bock gesê.

Bock het besluit om deel te neem aan die Miss Wheelchair South Africa en gaan die Noord-Kaap verteenwoordig op die 2 Desember.

Sy maak deel uit van die Top 10 en die kompitiese vind plaas in die Artscape.

Dit is die eerste amptelike geleentheid.

Sy het op Facebook gelees van die kompetisie en die kriteria verbonde aan die kompetisie.

Die doel van die geleentheid is om die beeld en persepsie van veral vroue met gestremdhede te verander .

“Ons moet alreeds 29 November daar wees en gaan die 3 Desember (Internasionele dag vir en van persone met gestremdhede) terugkeer na ons provinsies.

Sy het die ondersteuning van die lesers nodig deur vir haar te stem en kommentaar lewer op haar foto op die Facebook blad van Miss Wheelchair South Africa,” vra sy met ‘n warm glimlag op haar gesig.

Sy nooi ook individue of organisasie uit wat graag ‘n donasie wil maak.

Hulle is dan welkom  om haar te kontak.

Die deelnemers het hul eie uitgawes om Kaap toe te gaan vir hul deelname.

Sy het die hulp van die gemeenskap nodig om haar te help om te kan deelneem aan die kompetisie en te help om hul uitgawes te kan dek.

Die wenner sal dan ook vir Suid-Afrika verteenwoordig in Mexiko Oktober 2022.

Leave A Reply

Your email address will not be published.