Jong dwelmhandelaar op Olifantshoek in hegtenis geneem

0

Die polisie op Olifantshoek, tesame met die Kimberley honde-eenheid, het op Saterdag, 19 September ‘n 23-jarige man in hegtenis geneem.

Dit kom nadat die verdagte glo handel gedryf het met dwelms soos tik, dagga en mandrax.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldienhet bevestig dat die polisie inligting ontvang het en gevolglik ‘n perseёl in Vinkstraat, in die Plakkieskamp-nedersetting op Olifanthoek deursoek.

Die polisie het die 23-jarige manlike verdagte in besit gevind van mandrax-tablette, dagga en tik.

Gamieldien sê die polisie het die tik versteek in ‘n maroen-kleurige baadjie gevind.

“Die totale beraamde straatwaarde van die tik beloop R1 910, terwyl die mandrax en dagga, R5 970 werd is.”

Die verdagte is in hegtenis geneem en verskyn na verwagting binnekort in die Olifantshoek-landdroshof op ‘n klagte van dwelmhandel.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.