Jong prediker met musikale aanslag.

 Jong prediker met musikale aanslag.

In vandag se gejaagde lewe droom jongmense nog om predikers te word.

Die jong Namakwalander, Marlon Petro is een van die jongmense wat daaroor droom.

Drome hou ‘n persoon aan die lewe en laat  jou uitsien  na die dag van more.

Hy het groot geword op Bersig in Springbok en sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Namakwaland voltooi. Petro  is ‘n student in Teologie  aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het ‘n groot liefde vir musiek en was onlangs ‘n gas op die program “Jou Storie”.Hy het met soveel entoesiasme gesels oor sy liefde vir dit.

 In een woord kan hy beskryf word as ‘n maestro. Met diepgewortelde musikale en godsdienstige agtergrond het diè prediker geen ander keuse gehad as om verlief te raak op musiek nie.

“Ek het gesien hoe my grootouers aktief was in baie kore en orkeste en hoe dit deur hul liefde vir musiek in die fassinerende kunsvorm my daarin laat begin belangstel het,” vertel hy terwyl se oë opvlam.

Om sy liefde vir musiek te voed het hy deel geword van skool- en kerkkore en het later dit gewaag om instrumente te bespeel.

Die eerste instrument wat hy bespeel het was die melodica wat ‘n klawerinstrument is wat geblaas word. Daarna het hy begin om die viool en tjello te speel en onlangs het hy klawerbord begin speel.

“Die instrument wat ek die meeste van hou om te speel is die klawerbord, want ek kan myself begelei,” vertel hy opgewonde.

Wanneer hy sing verkies hy beslis om opera – musiek te sing, want dit resoneer met sy stem en hy is die gemaklikste met hierdie genre.Dit  hang ook af van watter instrument hy speel.

Wanneer hy viool en tjello speel verkies hy klassieke musiek, maar wanneer hy klawerbord speel kan hy improviser veral met aanbiddingsliedere.

“Ek het groot drome en glo in sterk werksetiek en goeie waardes en wil graag hierdie waardes in my gemeenskap vestig en die weg baan vir kinders wat mentors nodig het,” vertel die musikale Petro

Kyk uit vir hierdie jongman, want hy is op pad om naam te maak  as singende prediker van Namakwaland.

Azelle Engelbrecht

Related post