Jong skoonheid wil ‘n verskil maak in Nama-gemeenskappe

"Tog voel en weet sy dat Liewe Jesus al die pad met haar is want wanneer sy goedjies voorberei vir die mense lyk dit altyd so min dan bewys God haar elke keer Sy oorvloedige seën. "

0

Mej Namakwaland, Elneve de Vries het op Vrydag 29 Oktober as die draer van diè gesogte titel gemeenskapwerk op haar tuisdorp Steinkopf gedoen.

Sy vertel dat sy vind dit baie moeilik om die liefdadigheid voort te sit omdat sy geen borge kry nie, maar is dankbaar vir die hulp en ondersteuning van haar ouers.

Tog voel en weet sy dat Liewe Jesus al die pad met haar is want wanneer sy goedjies voorberei vir die mense lyk dit altyd so min dan bewys God haar elke keer Sy oorvloedige seën.

Daarby bewys Hy dat daar genoeg is vir almal en dat daar selfs oorbly en sy kan nie ophou om Hom te loof en te prys nie.

“Vrydag het ek die Dagsorgsentrrum, DeKleine  gaan besoek. Die skooltjie is gestig deur juffrou Martha en bestaan nou al vir aantal jare. Op die oomblik gaan die skool deur finansïele uitdagings, wat daartoe lei dat daar glad nie geld is om etes aan die kleuters te voorsien nie. Dit het daartoe gelei dat die kinders glad nie vir die jaar kos gekry het nie, wat slegs vir die eerste kwartaal kos gehad het,” het de Vries gesê.

Dit is waarom sy dit haar werk gemaak het en as haar plig as Mej. Namakwaland om ander te help en omdat sy ‘n verskil wil maak in haar gemeenskap.

Onlangs het sy kolwyntjies gebak en ‘n pak skuifies aangekoop en Vrydagoggend teen 11uur die skooltjie gaan besoek en die eetgoedjies gaan uitdeel.

“Ek sal nooit hul gesiggies van opgewondheid vergeet nie en toe hulle my groet met hulle kinderlike stemmetjies “Halo Mej Namakwaland” het my hart verskriklik geblom,” sê de Vries.

Haar ontvangs en teenwoordigheid beskryf hierdie skoonheid as asemrowend en sy spreek haar dankbaarheid uit teenoor die personeel van die skooltjie.

Sy voeg by dat sy haar bes sal doen om weer die skooltjie te besoek.

“Die kleuters gee regtig ‘n mens ‘n ander perspektief teenoor die lewe,” vertel De Vries opgewonde.

Haar wens weereens aan gemeenskapslede van verskillende dorpe is om uit te reik na die mense waar julle sien dit nodig is.

Sy sluit af deur te sê: “As ons almal dit kan doen kan ons iemand se omstandighede verander deur mense met enigiets te help.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.