Jong vrou gevonnis vir pogint tot moord

 Jong vrou gevonnis vir pogint tot moord

Shirley Hofuza (21) is in die Kimberley-landdroshof gevonnis vir poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Luidens ‘n polisieverklaring het Luitenant-Kolonel Sergio Kock, woordvoerder bevestig op 23 Desember 2020 omstreeks 16:00 is ‘n man deur die vroulike beskuldigde geskiet toe hy die Kimberley-hof verlaat het.

Die voorval het gebeur nadat hy borgtog toegestaan is op ‘n ander saak waarvoor hy in hegtenis geneem is.

“Shirley Hofuza het haarself dieselfde dag aan die SAPD oorgegee en was tot haar vonnisoplegging op 12 Januarie 2022 in aanhouding,” het Kock gesê.

Hofuza het skuld beken op alle aanklagte en gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf vir poging tot moord, 5 jaar vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en 12 maande vir die onwettige besit van ammunisie.

Kock het gesê dat die SAPD-bestuur het D/Konst T Mokwena van die Noord-Kaapse Provinsiale Georganiseerde Misdaadspeurders geloof vir sy voorbeeldige ondersoek van die saak.

Related post