Jou familielede dalk in Nuttabooi mynramp?

0

Die uitvoerende burgemeester van die Namakwa Distrik-munisipaliteit, Mervin Cloete, doen ‘n beroep op die inwoners van Namakwaland om by die naaste polisiekantoor aan te meld indien hulle familielede vermis, wat moontlik by die ineenstorting van die Nuttabooi myn betrokke was.

Volgens Cloete is daar nog geen bevestigde sterftes nie en kan hulle ook nie bevestig hoeveel persone definitief ondergronds vasgekeer is.

Hy doen ook ’n beroep op sleutelbordkrygers om nie fopnuus te versprei en kommer te saai onder betrokke familielede nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.