Jou Storie: Joey Mike & Wanie

0

Die passie vir musiek het alreeds vir die plaaslike kunstenaar, Joey Mike, van Namakwa in Graad 6 begin.

Sy groot liefde is die ‘keyboard’.

Joey het studeer vir ‘n elektrisiën en is tans besig met deeltydse privaat werkies.

Hy  sê ook dat hy graag sy musiek eerste sou wou sit en  voltyds aan dit wou werk, maar weens die pandemie is dit redelik moeilik vir hom.

“Ek verlang die verhoog,” vertel Joey terwyl hy hom tans besig hou met bemarking op sosiale media.

Hy het sy eerste verhoog ervaring gedeel en sê dat van die plaaslike kunstenaars wat hom inspireer is RJay, Early B en Rapder.

“My studio is in my kamer so wanneer ek my oë oop maak met ‘n song in my kop dan record ek onmiddelik,” sê hy.

Hy glo ook dat sy veelsydigheid hom laat uitstaan.

Foto: Verskaf

Wanie beter bekend as Ruan Webster is ‘n voltydse rymkletser.

Webster se inspirasie neem hy uit sy dagboek waarin hy gereeld sy lewenservaringe deel.

Hy het op die harde manier en ‘n baie jong ouderdom geleer dat almal verskillend is en dat jy jouself met niemand moet vergelyk.

Die beste raad wat hy al ontvang het is van sy moeder en dit is dat mens moet saam lewe met die keuses wat jy maak.

Alhoewel hy ‘n uitstekende rymkletser is sê Ruan dat as hy kon sou hy graag wou sing en daar is vele mense waarna hy opkyk en wat hom inspireer.

Daar is ook ‘n hele paar profesionele rolmodelle wat sy musiek beïnvloed soos die “terrible twins”, G5, en nog vele meer.

Hy vertel ook dat hy betrokke was by die “maak my famous” program en dat dit vir hom baie opwindend was.

Leave A Reply

Your email address will not be published.