Man geboei weens dwelmhandel

0

’n 33-Jarige man is gister in hegtenis geneem op Homestead, in die Kimberley-omgewing weens die handel in dwelms.

Die polisie het inligting ontvang oor ‘n verdagte wat dwelms verkoop by sy informele woonplek in die omgewing.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatsheba het bevestig dat ‘n lasbrief suksesvol deur die polisie bekom is.

Die polisie het na die perseel gegaan om ondersoek in te stel.

“Tydens ‘n deursoekingsproses het die polisie tik, khat, ander dwelmmiddels, twee silwer weegskale, een glasplaat, ’n silwerlem en leё deursigtige plastieksakkies op die perseёl ontdek.”

Foto: Verskaf

Die polisie het die verdagte in hegtenis geneem op ‘n klagte van dwelmhandel.

Die verdagte sal binnekort in die Galeshewe-landdroshof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.