Kamiesberg-paaie in aaklige toestand

Gemeenskapslede in die area is ongelukkig oor die toestand van paaie in hul gebied.

0

Mens sou dink dat 2021 meer goeie nuus en hoop kon bring, maar inwoners in Kamiesberg sing ‘n ander deuntjie.

Die uitdagings met die regsgebied se infrastruktuur het inwoners raadop en moedeloos.

Hans Ohlson, ’n inwoner op Kheis, het NFM Nuus vertel in wat ‘n aaklige toestand die pad tussen Kheis en Garies is.

Gemeenskapslede op Kheis moet na Garies reis om hul maandelikse/weeklikse inkopies te doen, maar die pad tussen die twee dorpe is vir motoriste ondraaglik.

“Daar is geen openbare vervoer wat tussen die twee dorpe ry nie,” het Ohlson bevestig.

“Inwoners op Kheis help egter mekaar uit met vervoer, sodat almal op die einde van die dag hul inkopies kan doen.”

Ohlson vertel ook dat die pad hul voertuie beskadig, en dat hy een van die slagoffers is wie se voertuig uitmekaar geval het, as gevolg van die pad se toestand.

Die Kamiesberg Munisipaliteit het nog nie op enige navrae gereaggeer nie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.