Kanker Oorwinnaar stap 600 km vir bewusmaking

0

Micheal Wynne (58) wat kolon- en prostaat kanker in die verlede oorwin het, is tans besig om ‘n 600 km staptog vir kanker-bewusmaking te doen.

Hierdie liefdadigheidspoging staan bekend as ‘n ‘walk-a-ride’.

Wynne het reeds op Maandag, 28 September begin om die pad vanaf Kraaifontein in die Wes-Kaap, tot op Springbok aan te durf.

Wynne het gister aan NFM vertel dat hy nie nèt padlangs stap nie, maar ook deur die dorpe langs die pad.

“Ek stap 20 km en hike dan verder om my storie aan motoriste oor te dra.”

As die onsmaaklike weersomstandighede hom belemmer om verder te stap, vind hy skuiling waar hy kan.

Vanjaar se “walk-a-ride” is die vierde opeenvolgende staptog, wat Wynne al vir die afgelope vier jaar aandurf.

Hierdie jaar doen Wynne dit vir Linzell Cloete, ’n inwoner van Koingaas, wat tans veg teen bors- en longkanker.

Wynne vertel dat sy familie en vriende sy grootste ondersteuning was, tydens sy stryd met kanker.

Hy bemoedig ander kankelyers om nie handdoek in te gooi nie, want die stryd teen kanker kan oorwin word!

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.