Kansa Relay For Life: You’ll never walk alone.

"Kanker mag jou storm wees, “Hê geloof my kind”, sê God."

0

Die Cansa Relay For Life is Kansa se grootste fondsinsamelings projek en dit is baie belangrik dat fondse ge-in kan word.

Die Relay For Life se openings seremonie het Saterdag, 20 Maart 2021 plaas gevind op die klankgolwe van Radio Nfm 98.1.

Richard Theron en Bernadine Hearn was die sermonie meesters van die Relay for Life 2020/21 onder die Tema; You’ll never walk alone.

Kanker lyers voel somtyds alleen en die tema laat hul die versekering gee dat hulle nie alleen is nie.

Die spangees was hoog onder Relayers en die volgende spanne het deel geneem; Agri Namakwaland, Springbok Superspaar, Savemore, Meirebekruipers, Juliusstraat span, Farmer en Bezuidenhout, Nieuwoudt familie, Eagle Eyes, Hope and Mercy, Red Devils, RK Jeug Okiep, Caring hearts and hands for Cancer, Pokkies, Nama-Khoi Tumerators, Power Trade, Farmer Familie van Steinkopf en Katie Peters.

Belinda en Leonard Franks het hul getuienis gedeel van hul stryd teen borskanker.

Leonard sorg tans vir sy vrou.

Belinda het vertel dat wanneer sy terug gekeer het van die dokter uit die Wes-Kaap moes hulle in kwarantyn gaan en dit het haar hart gebreek veral wanneer sy die vraende gesiggies van haar kinders gesien het.

Hulle kon nie hul ma ‘n drukkie gee nie.

Eerwaarde Earl Richards van die Anglikaanse Kerk in Okiep, het tydens die lumenaria seremonie, wat die hoogtepunt van enige Relay oor die hele wêreld is, ‘n gepaste boodskap met die Relayers gedeel.

Sy skrif gedeelte het gekom uit Matt 14: 22 – 33, waarvan hy verwys het dat iets goeds uit dit (kanker stryd) sal kom.

God bewys Sy betroubaarheid en dat Hy nooit Sy oë van Petrus afgehaal het en dat Sy oë ten volle op die die mens gerig is.

Kanker mag jou storm wees, “Hê geloof my kind”, sê God.

Die Here staan gereed om Sy arms uit te steek en u te red.

Die lumenaria seremonie word beskou as n baie emosionele ervaring van die Relay.

Dit word op drie pilare gebou; naamlik om die lewe van hulle te ver-eer wat hul stryd teen kanker gewen het, om hulle te onthou wat hul stryd teen kanker verloor het en vir die kanker lyers wat tans teen die stryd baklei.

Leave A Reply

Your email address will not be published.