Kaptein Tawana vra dat Noord-Kaapse gemeenskappe waaksaam moet wees

0

Die polisie in die Noord-Kaap doen ‘n beroep op gemeenskappe, om waaksaam te wees namate die land die feesseisoen nader.

Met minder as ‘n maand tot Desember, het ‘n woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, lede van die publiek gemaan om versigtig te wees in openbare ruimtes.

Hy sê dat winkelsentrums veral nou begin om meer bevolk te word en doen verder ‘n beroep op diegene wat gaan inkopies doen, sowel as lede van stokvel, om ekstra waaksaam te wees.

Tawana sê hoewel die polisie meer sigbaar sal wees, doen hy tog ‘n beroep op ouers en voogde om te verseker dat hulle weet waar hul kinders is.

Tawana se versoek kom net enkele dae nadat die polisie in die provinsie bevestig het, dat hulle ‘n ondersoekdossier oopgemaak het, na die verdrinking van ‘n agtjarige in oorlopende rioolwater.

Die jong meisie het op Riemvasmaak naby Griekwastad verdrink.

“Voorlopige ondersoeke deur die polisie het aangedui dat die meisie naby die rioolwater gespeel het, toe sy gegly en verdrink het.”

Tawana doen ‘n beroep op gemeenskappe regoor die provinsie om versigtiger te wees.

Leave A Reply

Your email address will not be published.