Kathu-man inhegtenis vir Tik

"Die insittendes het verdag voorgekom en die voertuig was deur die polisie gestop."

0

Op Sondag 25 Julie 2021 om 14:45 was lede van die Kathu se misdaadvoorkomingsgroep 2, oa: Sersant Ben Eiman, konstabels Blythe Jantjes en Beatrice Canchibato, besig om die R380 te patrolleer toe hulle ‘n bruin Kia Picanto opmerk met drie insittendes.

Volgens die lede aan diens het die voertuig stadiger en verdag voorgekom .

Die insittendes het verdag voorgekom en die voertuig was deur die polisie gestop.

Die woordvoerder van die SAPD in die Noord-Kaap, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die lede die voertuig gestop het en onmiddellik het die passasiersdeur oopgegaan en die passasiers het klein wit stowwe uit die motor gegooi.

Na  visentering  van die voertuig het die lede crystal meth (Tik) binne-in die motor en buite langs die voertuig gevind.

“Hulle het ‘n 35-jarige man in hegtenis geneem en hom aangekla vir die besit van Crystal Meth met ‘n geskatte straatwaarde van R500-00”, het Gamieldien gesê.

Die verdagte sal binnekort in die landdroshof in Kathu verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.