Keimoes Misdaadvoorkoming Konfiskeer Dwelms

0

Dwelms met ‘n geskatte straatwaarde van R45 000 is op, Maandag 20 September, deur die polisie op Keimoes gekonfiskeer.

Misdaadvoorkomingslede onder bevel van Sersant George Dreyer, het inligting oor dwelms by ‘n koshuis in Gammakor op Keimoes ontvang.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Sersant Omphile Masegela, sê die 43-jarige man is in hegtenis geneem.

Die beskuldigde sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.