Keimoes-moordenaar word swaar gestraf

0

Rodian Williams is gister in die Upingtonse-hooggeregshof, skuldig bevind en tot 28-jaar tronkstraf gevonnis, vir die gru-moord op Shakira Jonkers (19).

Die voorval het alreeds op 08 Desember 2019, in Gamakor, op Keimoes plaasgevind.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die polisie inligting ontvang het, dat die slagoffer laas in die beskuldigde se geselskap gesien was.

Die inligting het die polisie gelei tot die ontdekking van Jonkers se onthoofde lyk, in ‘n puttoilet naby Williams se huis, in Gamakor.

Later die aand, het die polisie meer inligting ontvang wat lui dat Williams die slagoffer na bewering vermoor het, en haar liggaam in ‘n buite-puttoilet van sy huis gegooi het.

“Verdere ondersoeke het aan die lig gebring dat die slagoffer onthoof is.”

Die polisie het later Jonkers se kop in ‘n swart plastieksak gevind.

Gamieldien sê dat haar arms en bene afgesny was en slegs die bolyf en liggaamsdele is in die puttoilet gevind.

Williams het die slagoffer se liggam met papiere bedek.

“Die verdagte, Rodian Williams, is dieselfde aand in hegtenis geneem.”

Nadat hy skuldig bevind is, het die hof hom ook ongeskik verklaar, om ‘n vuurwapen te besit.

Die Noord-Kaapse polisie het die vonnisoplegging verwelkom.

Leave A Reply

Your email address will not be published.