Kerslig-Bidsessie vir families wat geraak word deur COVID-19

0

Die “Biepstad COVID-Action Groep”,  het met die aanvang van die staatsinperking, begin om ‘n verskil te maak in hul gemeenskap.

Dit kom nadat die COVID-19 pandemie ‘n vreeslike negatiewe impak op veral arm huishoudings gehad het.

Tot op hede het diè groep 560 kos pakkies uitgedeel en maak hul ook die gemeenskap bewus daarvan, dat die einde van COVID-19 nog nie in sig is nie.

Op Sondagaand, 23 Augustus 2020, het die groep ‘n Kerslig gebedsessie in Nababeep waargeneem.

Gemeenskapslede het voor hul huise gestaan met ‘n kersie in hul hand, en vir ‘n stille vyf minute gebid, ter ondersteuning van families in gemeenskappe wat geïnfekteer en geaffekteer is deur COVID-19.

Tydens die geleentheid was die volgende slagspreuk hardop gesê: “Ons sê nee vir stigmatisering aan geïnfekteerde en geaffekteerde mense, wat geraak word deur die Koronavirus-pandemie en verklaar hiermee ons ondersteuning in watter vorm U ons ook mag nodig het”.

Alle kerke was gevra om hul klokke op dieselfde tyd te lui.

Volgens Esther Engelbrecht was die doel om geloofseenheid in die gemeenskap te kry teen die koronavirus, en die stigma te breek.

Die groep het onderneem om altyd te help waar hulle kan.

Vader Redge van Schalkwyk, van die Sacred Heart Kerk, het met die breë Namakwaland gepraat en hulle opnuut bewus gemaak van die blommeprag waarmee die Here die Namakwalanders mee kom seën het.

Hy noem verder dat God Namakwaland met pragtige mense ook geseën het.

Gebedspunte was deur hom bekend gemaak om ‘n einde te van die virus te verseker.

  • Dat die Here die geïnfekteerdes en geaffeketeerdes genadig sal wees.
  • Dat Hy elke dag die essensiële werkers sal seën en hulle wat tot diens van die mens is, veilig sal wees.
  • Dat die bande van stigmatisering gebreek sal word en dat hulle op sal staan en ‘n verskil maak.
  • Dat gemeenskappe daardeur sal saamstaan, mekaar sal ondersteun, want God het van ons mooi mense gemaak en mooi mense is altyd daar vir mekaar.

Gisteraand het die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mkhize, vyf nuwe COVID-19 gevalle in die Namakwa Distrik bevestig.

Drie nuwe positiewe geval is in die Nama Khoi plaaslike munisipaliteits distrik bevestig terwyl die Hantam distrik twee nuwe gevalle aangemeld het.

“Die totaal coronavirus gevalle in die Nama Khoi distrik is 218 en 146 pasiënte het van die virus herstel.”

Die sterfte syfer staan op drie, wat diè distrik met 69 aktiewe gevalle van die virus laat.

Die bevestigde COVID-19 getalle in die Noord-Kaap is 9 129, met 5 821 herstellings.

106 Pasiënte het weens die virus omgekom, wat die provinsie laat met 3 200 aktiewe gevalle van COVID-19.

Leave A Reply

Your email address will not be published.