Kimberley FCS-eenheid spreek student toe

 Kimberley FCS-eenheid spreek student toe

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

In ‘n poging om bewustheid oor geslagsgebaseerde geweld te verhoog, het die bevelvoerder van die Kimberley FCS-eenheid, Luitenant-Kolonel Harriet McKenzie en haar lede ‘n groot groep studente op Saterdag, 19 Februarie 2022 by die Sol Plaatje Universiteit in Kimberley toegespreek.

Kolonel Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder het gesê dat die eenheid is genooi om deel te neem aan die Sol Plaatje Universiteit se eerste jaar oriënteringsessie.

Eerstejaarstudente van regoor die land is in vier uur lange sessies toegespreek om die groot groep te akkommodeer.

“Die groepe het bestaan uit 200 eerstejaars studente wat deur Adjudant-Offisier Morris oor geslagsgeweld en dwelmmisbruik aangespreek is. Hy het hulle ook toegespreek oor die impak en invloed wat studie weg van die huis het en hoe studente kwesbare en maklike teikens word wat maklik prooi word vir hierdie sosiale euwels”, het Gamieldien gesê.

Die bewusmakingsveldtog kom op ‘n tydstip dat geslagsgebaseerde geweld steeds as ‘n pandemie beskou word.

Bernadine Hearn

Related post