Kimberley polisie het hulp nodig met die opspoor van ‘n vermiste persoon

 Kimberley polisie het hulp nodig met die opspoor van ‘n vermiste persoon

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die Kimberley polisie vra die publiek se bystand om die 24-jarige Lisa Mohammed, van Ceciliastraat in Collville buite Kimberley op te spoor.


Sy is 1,7m lank en skraal, lig van gelaat met ‘n oorbel op haar lip.


‘n Woorvoerder vir die polisie, Sersant Dikeledi Gopane, het gesê dat sy is laas deur haar skoonma gesien toe sy weg is met haar twee dogters van twee en een jaar oud, en gesê dat sy na ‘n plaaslike kliniek gaan.


Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, konstabel Webb van die Ernstige en Geweldsmisdade-eenheid in Kimberley by 079 212 7682 kontak.


Die publiek word daaraan herinner dat daar geen wagtydperk is om ‘n persoon as vermis aan te meld nie.

Bernadine Hearn

Related post