Kinderverkragter uiteindelik agter tralies

"Die beskuldigde haar na die nabygeleë veld gesleep het waar hy haar verkrag en aangerand het."

0

‘n Man is tot 20 jaar tronkstraf opgelê, nada thy destyds ‘n 13 jarige meisie verkrag het.

Andy Katlolo Melwane was vonnis opgelê in die Olifantshoek streekshof.

Volgens ’n woordvoerder vir die polisie, Kolonel Dimakatso Sello, is die kind in 2015 verkrag.

“Die slagoffer het op die straat gespeel toe die beskuldigde haar na die nabygeleë veld gesleep het waar hy haar verkrag en aangerand het. Die slagoffer se neef wat ook ‘n minderjarige was, het probeer help, maar Melwane het hom met ‘n mes gedreig en hom weggejaag,” sê Sello.

Melwane is later in hegtenis geneem en is op 7 September 2021 ná verskeie hofverskynings skuldig bevind en gevonnis.

Hy is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting en vyf jaar vir aanranding.

Die vonnisse sal gelyktydig uitgevoer word.

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.