Kleuterskool op Alexanderbaai in brand vernietig

0

Die Vrolike Vinkies Kleuterskool, geleё op Alexanderbaai, het op Vrydag, 18 September tot op die grond afgebrand.

Hierdie tragiese gebeurtenis het heel naweek opslae gemaak op verskeie sosiale media platforms.

Inwoners in die Namakwa-distrik het hul simpatie met die Kleuterskoolfamilie gedeel, wat só ‘n verlies, in só ‘n kritiese tyd moes ervaar.

’n Woordvoerder vir die skool, Maryke “Moeksie” Ros het bevestig dat die brand tussen ongeveer 20:00 en 21:00 ontstaan het.

“Alles is totniet. Lessenaars, stoeltjies, rekenaars, àlles.”

12 Leerlinge en twee personeellede is deur die brand geaffekteer.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Die leiers van die skool hoop dat hulle teen Januarie weer kan heropen, alhoewel kostebepalings nog gedoen moet word.

Die kleuterskool doen verder ‘n beroep op alle gemeeskappe, om die skool te help met skenkings en finansies, sodat leer, onderrig en kinderveiligheid, kan aandag geniet.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.