Koalisieregering dreig in tien NK-munisipaliteite

"Partye soos die ANC, DA, sowel as onafhanklike kandidate en burgerlike bewegings in daardie rade, sal gedwing word om koalisieregerings aan te gaan."

0

Daar is minstens tien rade in die Noord-Kaap.

Dit beteken dat geen party in hierdie munisipaliteite ‘n volstrekte meerderheid tydens die 2021 Plaaslike Regeringsverkiesings (LGE) gekry het nie.

Hierdie rade is ondermeer in munisipaliteite soos Nama Khoi, Thembelihle, Kgatelopele en die Gamagara.

Partye soos die ANC, DA, sowel as onafhanklike kandidate en burgerlike bewegings in daardie rade, sal gedwing word om koalisieregerings aan te gaan.

In sommige van hierdie munisipaliteite het die ANC die stemme gewen, maar sonder ‘n volstrekte meerderheid.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdagoggend by sy telbord bygewerk en verklaar dat die provinsie die eerste in die land is wat alle stemme verower het.

Die munisipaliteite met opgehange rade sluit in drie plaaslike munisipaliteite van die Namakwa-distriksmunisipaliteit, vier van die Pixley Ka Seme-distriksmunisipaliteit, twee van die ZF Mgcawu-distriksmunisipaliteit, en een van die John Taolo Gaetsewe-distrik.

Die munisipaliteite is soos volg: Nama Khoi-Plaaslike Munisipaliteit wat Springbok (Namakwa) insluit, Hantam Plaaslike Munisipaliteit wat Calvinia (Namakwa) insluit, en Karoo Hoogland wat Sutherland (Namakwa) insluit; Kareeberg wat die Carnarvon (Pixley Ka Seme), Thembelihle insluit wat Strydenburg (Pixley Ka Seme), Siyathemba wat Prieska (Pixley Ka Seme) insluit, Siyacuma wat Douglas (Pixley Ka Seme) insluit; !Kheis wat Groblershoop (ZF Mgcawu) insluit, Kgatelopele wat Daniëlskuil (ZF Mgcawu) insluit; en Gamagara wat Kathu (John Taolo Gaetsewe Distriksmunisipaliteit) insluit.

Volgens die OVK het die Nama Khoi 17 sitplekke beskikbaar, in Hantma 13, Karoo Hoogland 11, Kareeberg 11, Thembelihle 11, Siyathemba 11, Siyacuma 13, !Kheis 11, Kgatelopele 11, en die Gamagara met 15 setels.

Die algehele provinsiale stemtelling toon die ANC-steunbasis op 50,76%, gevolg deur die DA met 19,6% en die EFF met 10,39%.

Die regerende party het meer as 300 000 stemme gekry, die DA meer as 120 000 en die EFF meer as 60 000 stemme.

Leave A Reply

Your email address will not be published.