Komaggas: Dominees is maar ook net mense (opvolg)

"Musiek word gepeel, saam gebid en die Bybel gelees."

0

Oproep aan predikant bring gemeenskap nader aan mekaar

Die Namakwalandse dorpie, Komaggas is klein waar almal mekaar by die naam en bynaam ken en ook deel in mekaar se seer, lief en leed.

“Terwyl ek in stilte by my huis sit, bel my suster my en sê toe my ouer broer van 62, woonagtig op Wellington, is ook siek en ek wat oor die jare as die woordvoeder van die familie optree word gevra om in te gryp. Sy vra toe of ek nie die ambulans kan kontak en ons broer gaan haal nie . Ek het dit gedoen,” het dominee Present gesê.

Dit was so sesuur die namiddag, maar die ambulans het eers elfuur die aand  opgedaag.

Toe sy hom dit vertel, en hy sy broer se omstandigehede ken, het hy nie gedink dat dit Kovid was nie.

As jonger broer wat sy siek broer se omstandighede ken, het Ds. Present emosioneel geraak.

Ds. Christo Present is al die afgelope 25jaar ‘n geordende predikant in die Calvyns Protestante Kerk en het oor die jare al baie begrafnisse uitgevoer en sy eie broer se siekte toestand het hom ook getref.

In sy stilte tyd het hy toe oor baie goed na gedinke en besef iets sal moet gebeur.

Hy het ‘n boodskap aan sy kerkraad gestuur en aan hulle meegedeel dat hy baie emosioneel voel.

Een van die lede het voorgestel dat Ds. Present die dokter skakel vir ‘n kalmeerpil om die angs of stres te kan verlig.

Nadat hy met hulle gepraat het, het dit by hom opgekom wat kan daaraan gedoen word.

Daarby vermeen hy, terwyl hy die waarnemende skoolhoof skakel dat hy ook by die huis is, want hy was ‘n “close contact” gewees.

“Ek het juis geskakel om te hoor of hy nie maar die skool kan toemaak nie , want ek het verneem van ‘n hele aantal kinders en mense het op die dorp positief getoets vir Kovid.

Hy het aan my deur gegee dat dit nie in sy hande is nie, maar dat die Onderwyshoof alleenlik so ‘n besluit kan maak.”

Hy het verneem dat as 25% van die persone op die skool positief is dan kan die skool gesluit word.

“Woensdag het ek verneem dat die suster by die kliniek, ontvang die Kovid-getalle”, vertel ‘n emosionele Present vanuit die pastorie in Kommagas.

Sy het die onderwysers in kennis gestel dat hul almal moet toets omdat baie positief getoets het, sowel as onderwysers.

Na toetsing moet daar 14dae in kwarantyn ingegaan word.

‘n Besluit was geneem dat daar elke aand tussen 19:00 en 20:00 saans ‘n kers sal brand en mense ook voor hul hekke moet staan.

Musiek word gepeel, saam gebid en die Bybel gelees.

So kan dit ook oor die pad met mekaar gesels word.

D.s Present het nooit besef dat die gedagte wat in stilte by hom opgekom het so ‘n groot impak in Komaggas sou het nie – alles na ‘n telefoonoproep uit die Wes-Kaap van sy eie broer se siekte.

“Vir my was dit net ‘n oomblik van iets moes ons doen, nie dat ons daardeur sou sê, nou gaan die Here luister nie, maar net om ‘n aanduiding te gee ons weet waarvandaan ons hulp kom. Ons kom nie bymekaar uit nie. Mense het onmiddellik ingekoop,” het Present bygevoeg.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.