Konstabel Visagie se moordsaak terug in hof

“Die staat sal na verwagting vra dat ‘n datum bepaal moet word, sodat Visagie se moordsaak na die hooggeregshof op Upington, geskuif moet word.”
Die polisie bevestig dat Visagie in sy slaap doodgesteek is.
Die verdagte se pogings om aansoek te doen vir borgtog, is sedert die begin van die hofsaak in Januarie 2020 van die hand gewys.
Die staat is egter daarvan oortuig, dat Okafor ‘n vlugrisiko is, en die verdediging geen oortuigende redes vir borg kon aanvoer nie.
DNA uitslae is ook steeds uitstaande.