Koperdiewe vasgetrek

"Die drie verdagtes sal binnekort op aanklagte van die besit van koperkabels in die landdroshof in Kathu verskyn"

0

Lede van Groep 2 van die Kathu SAPD se misdaadvoorkomingseenheid onder leiding van adjudant offisier Ben Eiman, insluitende konstabels Blythe Jantjes, Beatriz Canchibatho en Tswarelo Moleme, het Saterdag 17 Julie 2021 vermeende koperdiewe vasgekeer.

Om 17:50 het die span reageer op ‘n klag van koperdiefstal in die Kathu Village Mall.

Met hul aankoms het hulle met veiligheidswagte geraadpleeg wat die verdagte op heterdaad betrap het.

Die lede het die CCTV-videomateriaal gekyk wat die verdagtes postief met die misdaad verbind het.

Om 18:20 is die 25-jarige man in hegtenis geneem en koperdraad ter waarde van R500-00 in sy besit gevind.

Nadat hy die verdagte ondervra het, het hy die lede na die informele nedersetting, New Stands in Mapoteng gelei, waar hy glo die koperkabel vir R140:00 verkoop het.

Met hul aankoms het die lede ‘n stoorkamer vol koperkabels ontdek.

Toe die huiseienaar nie dokumentasie vir die koperkabel kon oplewer nie, is die 65-jarige eienaar in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde eiendom.

Die lede het beslag gelê op die koperkabels met ‘n geskatte waarde van R7000-00.

Die paraatheid van die lede het daarna gelei na nog ‘n huis  waar hulle koperkabels gewaar het.

Na ondervraging van die eienaar, wat ook nie dokumente kon verskaf nie, is die 36-jarige man in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels met ‘n geskatte waarde van R10 000-00.

Die drie verdagtes sal binnekort op aanklagte van die besit van koperkabels in die landdroshof in Kathu verskyn.

Die waarnemende stasiebevelvoerder van Kathu, kapt Brendell, het die span geprys vir hul deeglike ondersoek wat gelei het tot die aanhouding van meer verdagtes en die herstel van die koperkabels.

Besit van gesteelde goedere is ‘n misdaad, help die Suid-Afrikaanse Polisiediens om diewe in hegtenis te neem en die gesteelde goedere terug te kry.

AO Eiman was in 2019 vereer vir sy werk as polisieman in die Noord-Kaap en die afgelope paar jaar verskeie arrestasies en suksesse aangeteken vir Kathu SAPD

Leave A Reply

Your email address will not be published.