Korrupsie in die Noord-Kaap wek kommer by die DA

PBT-korrupsie word blykbaar toegesmeer in die provinsie

0

Die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap sê dat die party bekommerd is oor korrupsie in die provinsie.

Dit kom nadat die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), slegs een bewering van korrupsie – wat verband hou met die verkryging van persoonlike beskermde toerusting (PBT) in die Noord-Kaap – ondersoek het.

Die DA se Harold McGluwa het bekendgemaak dat hulle bekommerd is oor korrupsie wat tien-teen-een toegesmeer word.

“Die ouditeur-generaal het egter verlede week ernstige ongerymdhede in die verkryging van PBT, in veral die provinsiale departemente van gesondheid en onderwys, in hul voorlegging uitgelig.”

McGluwa sê dat hul bevindings direk verband hou met die onreëlmatighede, wat deur die SOE geidentifiseer is.

 

Bron: Newskoop

Leave A Reply

Your email address will not be published.