KOVID-19 getalle in die Hantam plaaslike munisipaliteit neem steeds toe

"Sowat  32 137 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 168 aktiewe gevalle."

0

Die KOVID-19 getalle in die Hantam plaaslike munisipaliteit neem steeds toe.

Sowat 29 nuwe gevalle was aangemeld vir diè munsipaliteit gevolg deur Nama-Khoi regsgebied (8), 4 onderskeidelik vir Kamiesberg en Khâi-Mai en 1 vir .

Dit is ‘n totaal van 46 nuwe Korona-virus gevalle wat vir die Namaka-distrik aangemeld is.

Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 136, met 3 378 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 63 en dit laat die distrik met 695 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 133 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize in die jongste verslag periode.

Die provinsie het die 35 000-merk oorskry, met ‘n kumulatief totaal van 35 098. In die provinsie het Namakwa die meeste Korona-virus gevalle aangemeld.

Twee nuwe KOVID-19 verwante sterftes is vir die provinsie aangemeld wat die sterftotaal bring tot op 791.

Sowat  32 137 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 168 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.