KOVID-19 gevalle neem af in die Namakwa streek

"Die gevalle is toegeken aan Hantam (35), Nama Khoi regsgebied (21), Khâi Mai (16), Richtersveld (4) en Kamiesberg (3)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 80 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Hantam (35), Nama Khoi regsgebied (21), Khâi Mai (16), Richtersveld (4) en Kamiesberg (3).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 11 601, die sterftesyfer is 115, met 9 530 genesings en diè distrik het 1 956 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 392 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 81 058.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 1 973.

Sowat 71 452 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 631  aktiewe gevalle.

Leave A Reply

Your email address will not be published.