Kovid-19 gevalle neem toe in Namakwa

"Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (75), Hantam (33), Richtersveld (15), Kamiesberg (7), Khâi Mai (3) en Karoo Hoogland (2)."

0

In die jongste verslagperiode is ‘n totaal van 135 nuwe Kovid-19 gevalle vir die Namakwa-distrik aangemeld.

Die gevalle is toegeken aan Nama Khoi regsgebied (75), Hantam (33), Richtersveld (15), Kamiesberg (7), Khâi Mai (3) en Karoo Hoogland (2).

Die Namakwa-distrik se kummulatiewe totaal staan op 12 198, die sterftesyfer is 120, met 10 268 genesings en diè distrik het 1 810 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 385 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die ministerie van gesondheid, wat die kummulatiewe totaal in die provinsie te staan bring op 84 208.

Die totaal sterftes in die provinsie weens KOVID-19-komplikasies staan op 2 018.

Sowat 74 947 persone het genees van die virus en laat die provinsie met 7 241 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.