Kovid-19 in Hantam plaaslike munisipaliteit neem daagliks toe

"Geen nuwe KOVID-19 verwante sterftes is vir die provinsie aangemeld nie wat die sterftotaal onveranderd laat op 791."

0

Die Hantam plaaslike munisipaliteit se Kovid-19 gevalle is steeds aan die toeneem.

Sowat 50 nuwe gevalle was aangemeld vir diè munsipaliteit gevolg deur Richterveld plaaslike munisipaliteit (9) en Nama-Khoi regsgebied (1).

Dit is ‘n totaal van 60 nuwe Korona-virus gevalle wat vir die Namakwa-distrik aangemeld is.

Die Namakwa- distrik se kumulatiewe totaal staan op 4 196, met 3 391 genesings.

Die sterftesyfer bly onveranderd op 63 en dit laat diè distrik met 742 aktiewe gevalle.

In die Noord-Kaap is 120 nuwe KOVID-19 gevalle aangemeld deur die minister van gesondheid, Dr. Zweli Mhkize in die jongste verslag periode.

Die provinsie se kumulatiewe totaal staan op 35 213. In die provinsie het Namakwa die meeste Korona-virus gevalle aangemeld.

Geen nuwe KOVID-19 verwante sterftes is vir die provinsie aangemeld nie wat die sterftotaal onveranderd laat op 791.

Sowat 32 150 het genees van die virus en laat die provinsie met 2 270 aktiewe gevalle.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.