Kovid-19 kniehalter optog teen GBG

"NFM nuus het vroeër berig oor ’n 62-jarige vrou wat binne in haar huis in droeë bloed gevind is."

0

Verskeie organisasies wat na die plaaslike SAPD wou opruk moes vinnig kanselleer nadat Namakwa se Kovid-19 gevalle die hoogte in geskiet het.

Die organisasies, Save by Grace, CAB, Verenigde eiendomme en die Top 5 Helping Community van Steinkopf,  wou ’n vreedsame protes optog hou teen geslagsgebasseerde geweld asook in eer van ’n bejaarde vrou wat op Steinkopf vermoor was.

NFM nuus het vroeër berig oor ’n 62-jarige vrou wat binne in haar huis in droeë bloed gevind is.

Die voorval het vermoedelik tussen 14 en 16 Julie plaasgevind.

Gerald Engebrecht, van die Top 5 Helping Community, vertel dat die Kovid toename in die dorp egter die organisasies se planne heeltemal in die wiele gery het.

“Ons beplan om voort te gaan met die optog rondom die 16 dae veldtog van geen geweld  teen vroue en kinders,” sê Engelbrecht.

Daar word beplan om die verskillende kerke en vroue verenigings aan boord te kry, maar die Kovid-19 getalle op die dorp sal fyn dop gehou word.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.