Kreatiewe leerders Okiep Hoërskool se trots

Al ses van die leerders wat aan hierdie kompetisie deel geneem het, het deurgedring na die finale rondte!

0

Ses leerders van Okiep Hoërskool het onlangs aan die GMMDC NATIONAL MATHS-ART COMPETITION (GMMDC) deelgeneem.

Die National MathArt-kompetisie daag deelnemers uit om ‘n oorspronklike handgemaakte kunswerk te skep wat Wiskunde op ‘n visuele en innoverende manier aan ‘n jaarlikse tema verbind.

Hierdie kreatiewe probleemoplossingstaak het ten doel om vaardighede te ontwikkel wat as noodsaaklik beskou word vir werksoekers in die Vierde Industriële Revolusie; sodoende jong Suid-Afrikaners vir hul toekoms bemagtig en voor te berei te word.

Al ses van die leerders wat aan hierdie kompetisie deel geneem het, het deurgedring na die finale rondte!

Die leerders is:

Graad 9 – JP Naude

Graad 10 – Tamryn Bailey

Graad 11 – Tiaan Diergaart

Graad 12 – Gullaicha Lombard

Duncan Langdown

Geraldo Jacobs

Geraldo Jacobs verwerf toe die toekenning vir Hoogsaangeskrewe Kunswerk.

Duncan Langdown het ’n silwer medalje verwerf vir sy kunswerk.

Die waarnemende skoolhoof van Hoërskool Okiep, Juanita Cloete, wens die leerders geluk namens die personeel, leerders , ouers en skoolbeheerliggaam.

Fot: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.