Kronkel en opdraande paaie is pad tot sukses

0

Sy het nooit kon dink dat ‘n gedig wat sy in Graad 7 moes voordra soveel aandag sou trek by haar onderwyser nie.

Haar gedig was só goed wat sy self by die skool geskryf het en daarna dit gelees het by die skool se diplomaplegtigheid.

Dit is een van die herinneringe van Megan Adendorff wat sy altyd sal koester en haar  die inspirasie gee om te skryf.

Adendorff is tans ’n derdejaar student in die Kunste aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Haar fokus is veral op die taal- en skryfdeel van kunste.

In haar vrye tyd is sy ’n rubriekskryfster vir Netwerk24 vir die “Die Student”. Sy is ‘n vryskut omroeper op Radio KC 107.7 FM vanuit die Paarl en skryf ook gedigte vir Litnet.

“Ek skryf onder die skuilnaam Megizay en was nie altyd ernstig oor skryf nie .Vir my was dit ‘n goeie uitlaat klep. Dit is toe  ek met my studies begin het, dat ek besef het skryf is wie ek is en wat ek wil doen vir die res van my lewe,” sê Adendorff.

As sy voel dat sy moet skryf dan doen sy dit onmiddellik wanneer sy gedigte skryf, maar met joernalistieke skryfwerk is dit ‘n heel ander storie.

“My lecturer het gesê ‘n joernalis kry nie skrywersblok nie”, lag sy.

Jy maak tyd vir dit waarvoor jy lief is sê sy en ná haar eerste probeerslag met radio was sy so opgewonde dat sy dit aanhou wou doen.

Haar liefde vir dit wat sy doen hou haar in balans.

“Jou opinie is belangrik”, sê Adendorff  en dat sy oop is vir kritiek, maar sy kan darem so tussen die lyne lees en weet wat om met ‘n knippie sout te vat.

“Die beste deel daarvan om ‘n radio-omroeper te wees is wanneer jou luisteraars “connect” met jou, daardie oomblik wanneer hulle vir jou ‘n boodskap stuur en hulle reaksie wanneer hulle jou ontmoet” vertel sy.

Adendorff wil graag haar Honeursgraad in sportjoernalistiek voltooi en het ‘n nuwe passie vir sokker ondek.

Sy speel tans vir ‘n plaaslike sokkerklub en is aangestel deur Radio KC107.7 om ‘n sportverslagewer te wees vir die  sokkerwedstryde en die span.

Sy beskryf sukses as kronkel en opdraande paaie en sê dit is nie so maklik nie.

Haar digbundel ‘Draaie van die Noodlot’, gaan binnekort vrygestel word, dit handel oor ‘n wyd verspreide gevoel oor haar lewe en bestaan uit ‘n hele paar hoofstukke wat verskillende ervarings van haar meedeel.

“Edit, edit, edit, edit ,tot daar niks meer oor is om te edit nie, want jy kan altyd beter doen”, is haar advies vir jong opkomende digters.

Foto Verskaf
Kokerboommedia Produksies

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.