Kuruman: Man gearresteer vir die besit van gesteelde goedere

"A-O Letsapa het die verdagte agterna gesit en daarin geslaag om hom in bosse aan te keer en in hegtenis te neem."

0

‘n Twee en twintig jarige man is Vrydag gearresteer vir die besit van vermoedelik ‘n gesteelde selfoon en roof op Kuruman, omstreeks 13:20 .

Die waaksaamheid van Adudant-Offisier Mosimaneotsile Letsapa, die kommunikasiebeampte by Kuruman SAPD wat patrollies in Bearestraat uitgevoer het toe gewaar hoe mense ‘n man agtervolg en skree dat die verdagte iemand van ‘n selfoon beroof het.

A-O Letsapa het die verdagte agterna gesit en daarin geslaag om hom in bosse aan te keer en in hegtenis te neem.

“Die verdagte is gevind in besit van ‘n gesteelde swart Samsung-selfoon ter waarde van R5000-00. ‘n Rukkie later het ‘n vrou wat beweer het dat sy die slagoffer was, by Kuruman SAPD se stasiebevelvoerder, brigadier Kenneth Baloyi, gekom en die gesteelde selfoon as haar eiendom geïdentifiseer,” het Adjudant offisier Letsapa gesê.

Die verdagte is ook aangekla van roof en sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.

Die slagoffer het AO Letsapa toegejuig en geprys vir sy vinnige reaksie toe hy die verdagte aangekeer het.

Leave A Reply

Your email address will not be published.