Kuruman-onderwyser kry ses jaar tronkstraf vir verkragting

Die 58-jarige onderwyser het weer vandag in die hof verskyn, en is tot ses jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

0

Allan Charles Reed (58) is gister in die Kuruman-streekhof skuldig bevind aan verkragting, nadat hy ‘n 12-jarige meisiekind seksueel aangerand het.

Die 58-jarige onderwyser het weer vandag in die hof verskyn, en is tot ses jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi het gesê die voorval het op 15 Februarie 2015 plaasgevind, en die saak is op 20 Februarie by die polisie aangemeld.

“Die verkragting het plaasgevind toe die 12-jarige slagoffer na Reed – haar onderwyser – gegaan het vir hulp met skoolwerk.”

Reed is op 23 Februarie 2015 in hegtenis geneem, en het borgtog gekry, alhoewel die staat daarteen gekant was.

“Reed is vandag tot ses jaar direkte gevangenisstraf gevonnis, twee jaar opgeskort vir vyf jaar.”

Die verkragter is ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit, en sy naam is in die Nasionale Register vir Seksuele oortreders opgeteken.

Leave A Reply

Your email address will not be published.