Kuruman-polisie trek vermeende dwelmhandelaars vas

0

Die polisie op Kuruman het op Dinsdag, 15 September drie vermeende dwelmhandelaars in hegtenis geneem.

Die polisie het inligting ontvang oor verskeie misdrywe, by drie persele in die omgewing en klopjagte uitgevoer.

“Die polisie se fokus was meestal op die belsaglegging van onwettige dwelms.”

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die eerste klopjag Dinsdagoggend, omstreeks 07:15, in die Groot Damsros omgewing, op Mothibistad uitgevoer was.

Die polisie het dagga en R3 200 in kontant op die perseel gevind, wat vermoedelik bekom was deur middel van die verkoop van dagga.

Die polisie het die dagga en kontant gekonfiskeer.

Gamieldien sê die polisie het gevolglik ‘n 43-jarige man, in hierdie voorval in hegtenis geneem.

Foto: Verskaf

Die polisie het om 08:30 na ‘n tweede perseel gegaan, in die Magwage-vallei.

Gamieldien sê die polisie het inligting ontvang, oor vermoedelik gesteelde goedere wat daar gestoor word.

Tydens ‘n deursoekingsproses, het die polisie een Lenovo skootrekenaar, ‘n Kleenbore wapen-skoonmakerspakket en ‘n teleskoop ter waarde van R8 000, ontdek.

Die polisie het dagga ook op die perseel gevind en dit tesame met die gesteelde goedere gekonfiskeer.

Die dagga se beraamde straatwaarde beloop R25 480.

‘n 25-Jarige man is in hierdie voorval in hegtenis geneem weens die besit van gesteelde goedere en dwelmhandel.

Foto: Verskaf 
Foto: Verskaf

Kolonel Gamieldien het ook bygevoeg dat die polisie ‘n derde verdagte, omstreeks 09:30, in Kagung in hegtenis geneem het.

Tydens diè klopjag het die polisie ‘n groot hoeveelheid dagga op die perseel gevind het.

Die dagga het ‘n beraamde straatwaarde van R118 690.

‘n 35-Jarige man is in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Foto: Verskaf

Al drie verdagtes sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.