Kuruman-verkragter lewenslank gestraf

0

Malebogo Lecholo is vroeër vandeesweek in die Kuruman-streekhof, lewenslange tronkstraf opgelê vir verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Dit kom nadat Lecholo ‘n vroulike slagoffer in 2017 met ’n bierbottel aangerand het, haar daarna elf keer op haar lyf gesteek het en toe verkrag het.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien, het bevestig dat die slagoffer daarin geslaag het om te ontsnap, en die voorval by haar broer en die polisie aan te meld.

“Die verdagte is op 18  Desember 2018 in hegtenis geneem.”

Lecholo is ook ongeskik verklaar vir die besit van ’n vuurwapen.

Foto: Verskaf
Leave A Reply

Your email address will not be published.