Kwart miljoen binne een dag vir Telethon ingesamel

"Farmer spreek haar dankbaarheid uit teenoor almal wat ‘n finansïele bydrae gelewer het tot die sukses van die fondsinsamelingsprojek."

0

9 September was Cansa Telethon en radio NFM was as platform gebruik om R9000 in te samel op die dag.

Al nege provinsies moes op 9 September elk R9000 ingesamel het om ‘n massiewe bedrag van R729 000 in te samel ten bate van KANSA se werksaamhede om kanker in Suid-Afrika te kan beveg.

Suster Geraldine Farmer van die plaaslike Kansa kantoor het beklemtoon dat diè dag ‘n spesiale dag was as gevolg van die feit dat dit die 9de van die 9de maand was en dat dit ook Kansa se 90ste bestaansjaar is.

Farmer spreek haar dankbaarheid uit teenoor almal wat ‘n finansïele bydrae gelewer het tot die sukses van die fondsinsamelingsprojek.

Weereens kon sy sien wat die gemeenskap van die breër Namakwaland kan doen en hoe hulle omgee.

Daarby wil sy ook dankie te sê vir elke luisteraar en die span van Radio Nfm se ondersteuning.

“Dankie vir elke liewe R90, elke liewe R9, elke liewe R900, elke liewe R9000 wat geskenk was. Kom ek sê ons totaal van Kansa was R250 000, dit sluit Namakwa in. Dit is die beste totaal van die totale landswye  Kansa,” sê Farmer opgewonde.

Die bedrag was deur die Kansa lojale ondersteueners ingesamel. Dit was baie harde werk, maar weereens kan daar bewys word wat reg gekry kan word wanneer gemeenskappe saamstaan.

Haar laaste lojale ondersteueners is dat Kansa die oorblywende paar maande van 2021 sy 90ste bestaansjaar vier en dus kan daar verder gewoeker word om die huidige fonds verder te verhoog.

Diegene wat belowe het dat hulle sal gee, hul beloftes te eerbiedig en diegene wat nog ‘n bydrae maak, dit wel kan doen.

“Kom ons maak dit WOW in die Namakwalandstreek en samel ‘n totaal van R250 000 net vir die streek in en so kan gemeenskappe beter ondersteun word. Laat ons op ons knieë gaan en dankie sê aan die Here,” sluit sy opgewonde af.

Leave A Reply

Your email address will not be published.