Laerskool Aggeneys ondersteun RadioNFM se blikskut veldtog!

0

Laerskool Aggeneys het inisiatief geneem om deel uit te maak van Radio NFM se blikskut veldtog.
Juffrou Lydia Coetzee vertel dat die leerders een van die kleure uit NFM se logo moes dra.
“As die leerder sou deelneem, moes die leerder ‘n R10 bring,” vertel juffrou Coetzee
Hierdie inisiatief het baie opgewondenheid gewek onder die leerders.
Juffrou Coetzee vertel dat die leerders swart, groen, rooi en geel gedra het.
Dit was ‘n suksesvolle fondsinsameling wat ‘n bedrag van R2100 ingebring het.
“Ons as Laerskool Aggeneys is baie trots om die te kon uitmaak van die blikskutveldtog,” is juffrou Coetzee se woorde waarmee sy afsluit.

Leave A Reply

Your email address will not be published.