Laerskool Okiep tydelik gesluit

"Ouers moet leerders ondersteun gedurende hierdie moeilike tye  terwyl hulle tuis is weens kwartaaltoetse wat tans by skole onderneem word."

0

Die Noord-Kaap Onderwysdepartement word affekteer deur die KOVID-19 pandemie in verskeie skole sowel as by  die provinsiale kantoor.

Die gesondheid en welstand van die personeel, opvoeders en leerders is van deurslaggewende belang en die departement  ervaar geweldige druk en uitdagings in diè moeilike tyd.

As gevolg van verskeie bevestigde  gevalle van KOVID-19 by Laerskool Okiep het die LUR vir Onderwys in die Noord-Kaap, Mnr. Zolile Monakali, instruksie gegee dat diè betrokke skool tydelik gesluit moet word en dat die departement van gesondheid voortgaan met kontakopsporing en massatoetsing in die Namakwa-distrik.

LS Okiep  was onmiddellik gesluit tot verdere kennisgewing en niemand mag die skool intussen besoek nie.

Tydens hierdie tydelike sluiting van die skool word personeellede en leerders versoek om tuis te bly.

Ouers moet leerders ondersteun gedurende hierdie moeilike tye  terwyl hulle tuis is weens kwartaaltoetse wat tans by skole onderneem word.

Amptenare van die Calvinia distrikskantoor monitor die situasie om die verspreiding van die pandemie te beperk.

Leave A Reply

Your email address will not be published.