Laerskool-onnie in hof vir verkragting

0

‘n Onderwyser van ‘n laerskool in Kimberley, in die Noord-Kaap sal vandag in die hof verskyn, nadat hy verlede week in hegtenis geneem is weens verkragting.

Die 41-jarige manlike onderwyser is verlede Vrydag, vir die verkragting van ‘n tienermeisie in hegtenis geneem

‘n Woordvoerder vir die polisie, Brigadier Mohale Ramatseba, het bevestig dat die verdagte ‘n onderwyser was van die 13-jarige tienerdogter.

Die polisie se ondersoeke het aan die lig gebring, dat die verdagte die minderjarige tussen September en Oktober vanjaar, verskeie kere verkrag het.

“Die inhegtenisneming van die 41-jarige onderwyser, het op dieselfde dag plaasgevind toe die minister van polisie, Generaal Bheki Cele, die land se misdaadstatistieke, vir die tweede kwartaal van 2020/2021 bekendgemaak het.”

Die jongste misdaadstatistieke het bewys dat voorvalle van verkragting, geslagsgebasseerde geweld en ander misdade, toeneem in die land.

Intussen het die provinsiale onderwysdepartement bevestig, dat die onderwyser voorlopig geskors is, weens beweerde seksuele wangedrag.

Leave A Reply

Your email address will not be published.