Le Fleur baklei vir inheemse bevolking sedert 1988

"Dit beteken dat die eerste stap is die erkenning van die inheemse Khoi-San mense in Suid- Afrika nou ‘n werlikheid is."

0

“In 1994 word Suid-Afrika ‘n demokratiese land en in 2021 kyk ons terug na  27jaar van Vryheid,” was die woorde van Mervin Cloete, Uitvoerende Burgemeester van die Namakwa-distrik.

Namakwa se Vryheidsdagvieringe op 27 April het plaas gevind op Lekkersing en Eksteenfontein in die Richtersveld plaaslike munisipaliteit.

Cloete hoop dat die leierskap van Namakwa ‘n verandering binne in Namakwa kan maak.

Die voorsitter van die Nasionale Khoi-San raad, mnr Cecil Le Fleur, veg al sedert 1988 vir die regte van inheemse bevolkings.

Le Fleur het kortliks verduidelik wat alreeds deur die wetgeweing bereik is.

President Cyril Ramaphosa het in 2019 die wet onderteken en wat in November 2020 geproklameer was.

Die proklamasie het bepaal dat die wet vanaf 1 April 2021 geïmplementeer kan word.

Dit beteken dat die eerste stap is die erkenning van die inheemse Khoi-San mense in Suid- Afrika nou ‘n werlikheid is.

Baie jare was daar baklei om hierdie wetgewing op die boek te bring en die eerste ding wat nou sal gebeur is dat daar ‘n kommitee van die Khoi-San aangeleenthede saamgestel sal word.

Dit sal die wet bepaal, bestaande uit mense soos antripiloë, argeoloë, regters, geskiedkundiges en kundiges van Nama en Khoi-San mense van Suid-Afrika.

Die kommisie sal onafhanlik wees en al die verskillende Khoi-San gemeenskappe kan by die kommisie aansoek doen vir amptelike erkenning.

Advertensies sal in die Staatskoerant en ook ander mediaplatvorms geplaas word om mense uit te nooi.

Le Fleur het gevra dat die Nama en Khoi-San gemeenskappe hulself moet voorberei sodat hulle kan gereed wees wanneer die kommisie hulle gaan uitnooi.

Mnr Cecil Le Fleur, wat ook onderburgemeester van die Mitshikama munisipaliteit is, sê die wet is nie die Alfa en Omega nie  en daar is nog baie terkortkominge, maar dit is die eerste stap in die regte rigting vir die Nama en Khoi-San mense.

Le Fleur noem dat hy gedryf was deur sy geskiedenis en dat sy familie betrokke is in die geveg van Griekwa-regte spesifiek oor hele aantal jare.

Volgens Le Fleur moet die werk van sy voorvaers behoue bly vir die Khoi-San bevolking van Suid-Afrika.

”Ek sal baklei vir die regte van die Khoi-San, “ sê Le Fleur

“Ons is die eerste inheemse nasies van Suid-Afrika en ons het ons eie tale gehad, ons eie tradisies, kultuur en ons eie erfenisterreine .

Ons wil dit graag uitbou, ontwikkel en erkenning kry nie net deur die regering van ons land nie, maar ook deur die breë bevolking van Suid-Afrika en die wêreld,” aldus Le Fleur

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.