Leerders in Pofadder leer oor geslagsgeweld

Die leerders en hul opvoeders is ook ingelig oor die verskillende verslagdoeningsprosesse vir gevalle waarby hierdie verskillende kwessies betrokke is.

0

Die Poffader Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (FCS) onder bevel van Sersant John Nortje het ‘n projek van stapel gestuur wat seksuele misdrywe aanspreek. Francois Visser Primêre Skool in Pofadder was die gasheerskool vir hierdie uitreikprogram.

Op 23 Augustus het die span die skool op Pofadder besoek en ongeveer 87 leerders en 11 opvoeders toegespreek. ’n Woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock, sê die onderwerpe wat onder bespreking was, sluit in geslagsgebaseerde geweld, seksuele misdrywe, afknouery en kinderpornografie.

“Die leerders en hul opvoeders is ook ingelig oor die verskillende verslagdoeningsprosesse vir gevalle waarby hierdie verskillende kwessies betrokke is,” sê Kock.

 

Die Provinsiale Hoof van FCS-eenhede, Brig Nicky Mills, het Sersant Nortje en sy span vir die inisiatief geprys en benadruk dat die SAPD sy mandaat sal voortsit om te beskerm en te dien, veral omdat Vrouemaand gevier word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.