Leesboekies om kinderhartjies te laat glimlag!

0

Die kinderprogram omroeper van RadioNFM 98.1, Aurial Paul, het inisiatief geneem om kinderhartjies te verbly en so ook kinders te leer.

Vroeër die jaar het Paul aansoek gedoen om ’n Book Dash verspreider te word.

Paul vertel dat sy suksesvol was en uiteindelik gekwalifiseer het om haar doel voort te sit.

Lees is ’n belangrike hoeksteen van kinders se groei en ontwikkeling en ek wil kinders graag aamoedig om weer te begin lees,” vertel sy.

Foto: Rene Cloete

Paul is onsettend passievol oor kinders en veral omdat kinders nie uit dieselfde agtergrond uitkom nie.

Book Dash glo dat elke kind op die ouderdom van vyf, honderde boeke moet besit.

Navorsing toon dat die besit van boeke ’n sleutelfaktor is vir die holistiese vroeë ontwikkeling en lewenslange akademiese en ekonomiese sukses.

Paul het vroeër vandeesweek die boeke ontvang en is kinderlik opgewonde om dit te versprei aan kinders.

Foto: Rene Cloete
Leave A Reply

Your email address will not be published.