Lid van die Valke vas vir R30 000 se bedrog

0

Adjudant offisier Eugene Marshall Grace, is op Dinsdag, 08 September in die Springbok-omgewing in hegtenis geneem, deur die Valke.

Grace was na beweing deel van ‘n operasie waar R50 000 onttrek was.

’n Woordvoerder vir die Valke, Nomthandazo Mnisi, het bevestig dat Grace verlede maand deel was van ’n operasie waarvolgens R50 000 uit ’n staastrekening onttrek is.

“R20 000 is gebruik en die res van die geld was volgens verwagting veronderstel om teruggestuur te word.”

“Grace het na bewering siek afgeboek, en verdwyn met die oorblywende R30 000.”

Na Grace se verdwyning het die polisie verskeie pogings aangewend om hom op te spoor en het uiteindelik besluit om ’n saak van diefstal teen hom oop te maak.

Grace is uiteindelik Dinsdag op Springbok opgespoor en dadelik in hegtenis geneem.

R11 000 is in beslag gelê tydens Grace se inhegtenisneming.

Mnisi sê die saak is tot 15 September 2020 uitegstel vir vêrdere ondersoek.

Die Valke se ondersoek in die saak duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.